Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Aleksandrowna en die van is Romanowa.
Groothertogin Maria Aleksandrowna | |
---|---|
Foto deur Charles Bergamasco, 1876.
| |
Huis | Holstein-Gottorp-Romanof |
Gebore | 17 Oktober [O.S. 5 Oktober] 1853[1][2] Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Oorlede | 24 Oktober 1920 (op 67) Zürich, Switserland |
Eggenoot | Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha |
Kinders | Alfred, Marie, Victoria Melita, Alexandra, Beatrice |
Vader | Aleksander II van Rusland |
Moeder | Marie van Hesse en by Ryn |
Groothertogin Maria Aleksandrowna (Russies: Мария Александровна; 17 Oktober [O.S. 5 Oktober] 1853 - 24 Oktober 1920) was die vyfde kind en enigste oorlewende dogter van Aleksander II van Rusland en sy vrou, Marie van Hesse en by Ryn.[3][4] Sy was die Hertogin van Edinburg en later van Sakse-Koburg en Gotha as die vrou van Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha. Sy was die jonger suster van Aleksander III van Rusland en die tante van die laaste tsaar, Nikolaas II.